Hondsdolheid

Hondsdolheid
Klassifikasie en eksterne bronne
'n Hond wat hondsdolheid onder lede het.
'n Hond wat hondsdolheid onder lede het.
ICD-10 A82
DiseasesDB 11148
MedlinePlus   001334
eMedicine med/1374eerg/493 ped/1974
MeSH D011818
Mediese waarskuwing

Hondsdolheid, ook bekend as rabies (uitgespreek "ry-bies"), is 'n dodelike virussiekte wat in diere soos honde, jakkalse, meerkatte, hiënas, vlermuise asook die mens voorkom. Die virus word in speeksel uitgeskei en tas die senustelsel aan. Die virus word deur die byt van 'n doldier na die mens oorgedra. Alle besmette diere is gevaarlik aggressief in die dolstadium van die siekte.

Louis Pasteur het in 1885 'n entstof teen die siekte ontwikkel. Hondsdolheid word veroorsaak deur die Lyssa virus (hondsdolheidvirus).[1] Die siekte word versprei wanneer 'n besmette dier speeksel oordra of wanneer 'n mens of 'n ander dier gebyt of gekrap word.[2] Die speeksel kan die siekte oordra wanneer dit in aanraking kom met die oë, mond of neus.[2] In 99% van hondsdolheidgevalle, in lande waar die siekte voorkom, word dit deur hondebyt veroorsaak.[3] In die Amerikas is vlêrmuisbyte die mees algemene oorsaak van hondsdolheid by mense en minder as 5% is afkomstig van honde.[2][3] Knaagdiere word selde met hondsdolheid besmet.[3] Die hondsdolheidvirus reis na die brein deur die perifere senuwees te volg. Die siekte kan slegs gediagnoseer word na die aanvang van simptome.[2]

Inentingsprogramme en dierebeheer het die risiko van hondsdolheid, afkomstig van honde, verlaag in talle wêrelddele.[2]

 Hondsdolheid veroorsaak elke jaar ongeveer 24 000 to 60 000 sterftes ter wêreld.[4][5] Meer as 95% van die sterftes onder mense kom in Afrika en Asië voor.[2] Hondsdolheid is teenwoordig in meer as 150 lande en op al die vastelande behalwe Antarktika. Verskeie lande insluitend Amerika, Kanada, Japan, Australië en Wes-Europa het geen hondsdolheid onder honde nie,[2][6][7] en in talle klein eilandnasies is hondsdolheid ook afwesig.[8] In Suid-Afrika is dit endemies en is daar in 2021 nog meer as 'n dosyn gevalle by mense aangeteken.[9] Meer as 3 miljard mense woon in streke van die wêreld waar hondsdolheid voorkom.

  1. "Rabies, Australian bat lyssavirus and other lyssaviruses". The Department of Health (in Engels). Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020. Besoek op 1 Maart 2014.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 "Rabies Fact Sheet N°99". World Health Organization (in Engels). Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2018. Besoek op 28 Februarie 2014.
  3. 3,0 3,1 3,2 Tintinalli, Judith E. (2010). Emergency Medicine: A Comprehensive Study Guide (Emergency Medicine (Tintinalli)). McGraw-Hill. pp. Hoofstuk 152. ISBN 0-07-148480-9.
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Giesen2015
  5. "Global, regional, and national age-sex specific all-cause and cause-specific mortality for 240 causes of death, 1990–2013: a systematic analysis for the Global Burden of Disease Study 2013". Lancet (Londen, Engeland). 385 (9963): 117–71. 10 Januarie 2015. doi:10.1016/s0140-6736(14)61682-2.
  6. WHO Expert Consultation on Rabies: second report (PDF) (2de uitg.). Geneva: WHO. 2013. p. 3. ISBN 9789241209823.
  7. "Penang on rabies alert" (in Engels). The Star. 17 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 19 September 2015.
  8. "Rabies-Free Countries and Political Units". CDC (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 November 2017. Besoek op 1 Maart 2014.
  9. Lyse Comins, RABIES ALERT: City warns of spike in human cases of deadly disease, The South African (29 November 2021)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search